10 Goed wat jy moet weet voor jou eerste dag op Universiteit

10 Goed wat jy moet weet voor jou eerste dag op Universiteit

 

So uiteindelik is jy klaar met skool en op pad na die nuwe fase van jou lewe. UNIVERSITEIT! Maak nie saak waar jy gaan nie, hier is ‘n paar tips wat dalk net die volgende drie (of vier) jaar van jou lewe net so klein bietjie makliker kan maak.

im-going-on-an-adventure

 

1. Die grootste geleentheid van jou lewe.

vicotry lap

Jy’s een van die min in Suid-Afrika wat geleentheid kry om na skool verder te swot. As jy klaar maak met jou graad sal jy deel wees van die 6% in die wêreld wat dit kon reg kry. Net 6% van die huidige populasie kan spog met ‘n graad of diploma. #feesmustfall het ons almal laat besef hoe duur dit is om te swot, gaan op jou knieë en sê dankie dat daar geld beskikbaar is vir jou om te swot. Besef hoe gelukkig jy is en laat elke oomblik tel.

 

 

2. Jy gaan verdwaal, gereeld.

the trail that we blaze

that trail that we blaze

Praat met enige senior by kampus en almal sal ‘n storie kan vertel van een of ander keer wat hy of sy verdwaal het. Dit gebeur met almal, gewoonlik meer as een keer. Ag hel, ek het nog laas jaar verdwaal oppad na my finale jaar eksamen! So as eerste jaar is dit net normaal om nie te weet waar al die lokale en sentrums is nie, wees gerus, daar sal iemand wees wat vir jou die pad kan wys.

 

 

3. Jy kan nooit te veel vriende hê nie. 

book on making friends

Die eerste dag op universiteit gaan jy geskok wees oor hoeveel mense daar op een plek kan wees. Jy gaan met mense te doen kry van verskillende agtergronde met hulle eie unieke persoonlikhede. Terwyl jy daar is maak soveel vriende as moontlik, leer mense ken en tree uit jou comfort zone uit. Jy sal verbaas wees hoe maklik dit is om nuwe vriende te maak, van hulle gaan die res van jou lewe daar vir jou wees, ander net lank genoeg om nota’s mee uit te ruil.

 

 

4. Balans, dis iets uit ‘n sprokiesverhaal. 

venn diagram

As jy jou sosiale lewe, studeer tyd en slaap tyd kan balanseer is jy een van die min bonatuurlike wesens wat dit reg kry. Op universiteit leer jy multitasking op ‘n nuwe vlak, “time management” gaan jou beste vriend word. Jy gaan so bietjie minder slaap as normaalweg en partykeer gaan jy moet nee sê as jou kamermaats besluit om uit te gaan vir ‘n drankie of twee. Sit die ekstra ure in agter jou lessenaar, jy wil nie eendag terug dink en weet jy kon beter punte gekry het nie.

 

 

5. Jou ouers gaan jou mis! En partykeer gaan jy ook verlang.

goofy

Jy is uiteindelik onder jou ouers se dak uit! Jy wag al lank hiervoor maar een ding is verseker, daai bord kookkos gaan by jou begin spook na so paar maande, en wasgoed was gaan jou laat terug verlang na die goeie ou dae. Dan eers besef jy hoe geseënd jy is met ‘n paar ouers wat vir 18 jaar al die huiswerkies gedoen het. Antwoord maar jou foon as hulle jou elke tweede dag bel, later gaan jy die oproepe net dalk mis.

 

 

6. Lektors is ‘n ander spesie as onderwysers.

life isnt fair

Jy is gewoond aan juffrouens wat alles vir jou met ‘n lepel voer, op universiteit werk dit so klein bietjie anders… Hier moet jy jou eie kant bring, jou lektor is net daar om seker te maak jy kry die inligting wat jy benodig vir die eksamen. Dit is jou werk om seker te maak jy ken die werk goed genoeg. Woon maar klasse by, lektore gee partykeer goeie eksamen wenke daar weg. As jy klasse bywoon en jou kant bring, sal jy agter kom meeste lektore is eintlik nie te bad nie.

 

 

7. Wees jouself

weirdos

Wees eerlik met jouself oor wie jy is en wat jy graag sal wil doen met jou lewe. Moet nie ingee vir sosiale druk om te verander of om weg te beweeg van jou waardes nie. Op universiteit gaan jy nooit die outsider wees nie, daar is genoeg mense om te kies wie ‘n invloed op jou lewe het. Niemand gee om as jy anders is nie, niemand sal jou judge omdat jy net jouself is nie. Jy sal iemand kry wat soos jy voel oor die lewe, moet nie bang wees om jouself te wees nie.

 

 

8. Studiegidse en Ou Vraestelle

univeristy freshman

In elke vak wat jy het sal jy so A5 grootte boekie kry wat genoem word ‘n Studiegids. Hierdie klein boekie bevat al die nodige inligting vir die module, van eksamen datums na wat jy presies moet weet in elke Tema. Ek stel voor dat jy diè boekie deurlees en seker maak jy verstaan wat word van jou verwag om die module te slaag, dit het my ‘n paar probeerslae gekos voordat ek hierdie advies self begin volg het. Naas jou studiegids is die belangrikste ding ou vraestelle, maak seker jy kry jou hande op ‘n paar van diè. As jy jou werk goed ken en ‘n paar ou vraestelle deur werk, is jou kans van slaag baie, baie goed.

 

 

9. Student specials, everywhere!

money

Daai studentekaart wat in jou hand gedruk word net na registrasie kan jou ‘n hele paar rand in die toekoms spaar. By die banke kry jy goeie rekening kostes, by die kuierplek spaar jy ‘n paar rand op ‘n bier en dan by meeste stadions kry jy goedkoper kaartjies. As jy iets iewers moet gaan koop, hoor of jy  studente afslag kan kry, jy sal verbaas wees hoeveel plekke afslag gee.

 

 

10. You only live once… Geniet dit!

Jy is nou ‘n student, ‘n 100% pret spesialis in opleiding. Moet nie vergeet om jou tyd op universiteit te geniet nie. Dis belangrik om die beste punte moontlik te kry, maar geniet die proses van eerste jaar na gradeplegtigheid. Leef jou lewe voluit, en doen alles tot die beste van jou vermoëns, dan kan jy opreg sê jy het ‘n lekker studente lewe gehad.

i regret nothing

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.