Is dit nou dit?

 

Waarheen is jy oppad? Nie nou dadelik nie, nie hierdie week of jaar of selfs dekade nie…maar wat is die ulitmate doel van jou lewe en wat sal gebeur wanneer jy doodgaan?

Jesus het gesê, Ek is die weg

Met Jesus wat vir ons die weg wys kan ons ‘n lewe vol betekenis, purpose en selfs genot hê!

—————————–

Die wêreld waarin ons leef is nogals mallerig en bietjie mixed-up! Mense is deurmekaar en baie van hulle besef dit nie eers nie! Maar wat jy glo is belangrik! Dit bepaal jou hele lewe!

Jesus het gesê, Ek is die waarheid

Wanneer Jesus vir ons die waarheid wys, kan ons sin maak uit die wêreld om ons!

—————————–

Ons lewe in ‘n donker wêreld en dikwels is daar ‘n fyn lyn tussen lig en donker. Elkeen van ons het die potentiaal dat ons lewens goed of dat ons lewens evil kan wees.

Jesus het gesê, Ek is die lewe

Met Jesus kan ons evil die rug keer, en vir ewig in die lig lewe!

Baie mense sê vandag dat dit nie regtig saak maak wat jy glo nie, solank dit net opreg is! Maar dit is sekerlik malligheid?? Niks maak soveel saak, soos juis wat ons glo nie! Hitler het opreg geglo wat hy doen is opreg en miljoene mense is dood agv daarvan. Jack the Ripper het opreg geglo dat hy God ‘n guns bewys om prostitute te vermoor. Aan die positiewe kant het Nelson Mandela opreg geglo in iets en dit het sy mense na vryheid toe gelei. Nie net is wat ons glo uiters belangrik nie, dit rig ook ons hele lewe! Soos C.S Lewis (‘n akademikus en Christelike skrywer) dit gestel het:

Christianity is a statement which, if false, is of no importance, and, if true, of infinite importance. The one thing it cannot be is moderately important.’

Leave a Reply