Ouers

As jy die ouer is van ‘n kind in matriek of Graad 11 en meer inligting soek rakende die kamp, lees gerus hieronder. As jy in matriek of Graad 11 is gaan jou laptop/tablet/selfoon selfdestruct in 5…4…3…

Wat is ‘n Skolliekamp?

Dis ‘n kamp wat jou voor berei vir die lewe na matriek. Ongeag of hulle 100% seker is wat hulle wil doen, dalk 100% onseker is, verder gaan studeer, gaan werk of oorsee gaan, hierdie kamp is die moeite werd!

Wie bied die kampe aan?

Die kampe word aangebied in samewering met die NG kerk en word gereël deur ‘n kommitee van oud-kampers wat ‘n passie het vir jongmense. Die kommitee bestaan uit besigheidsmanne en vroue, onderwysers, dominees en ander proffesionele mense. Hierdie mense vorm dan ook die Kampbestuur en sal verseker dat u kind veilig is en die beste week van sy of haar lewe sal hê.

Die kampeerders kan uitsien na…

  • Hulle gaan BAIE mense ontmoet, mense wat hulle volgende jaar weer gaan sien by die werk, koshuis of universiteit of selfs oorsee.
  • Die maak van baie nuwe vriende.
  • Inligting oor hoe die koppe van die teenoorgestelde geslag werk.
  • Gemoedsrus oor wat hulle volgende jaar wil doen – swot, werk, oorsee gaan…
  • Awesome, mal studente en jong-werkendes wat reeds is/was waarheen hulle nou oppad is.

E-pos gerus een van die kampleiers indien u verdere inligting benodig.